top of page

Die produksie van slangteengif is hervat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 6
  • 1 min read

Na daar reeds langer as ‘n jaar ‘n tekort aan teenmiddels in Suid-Afrika is, is die produksie van slangteengif hervat.


Die tekort is weens probleme soos kragvoorsiening en opgraderings wat die land se enigste teengifproduksie-aanleg ondervind het. 


Volgens Landbouweekblad  het die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens aangekondig dat die eerste 536 dosisse polivalente teenmiddel in September vervaardig en reeds versprei is.


Boomslang-, spinnekop- en skerpioenteengif sal ook binnekort vervaardig word. Volgens die Afrika-instituut vir slangbyte is daar jaarliks sowat 4 000 slangbyt-voorvalle in Suid-Afrika.


Van dié het sowat 900 slagoffers in die hospitaal beland.


Slegs 3% van die slagoffers van slangbyte benodig teengif-behandeling, maar hulle kan sterf indien hulle dit nie ontvang nie.


Boomslang. FOTO: Wikipedia
Boomslang. FOTO: Wikipedia

Comments


bottom of page