Die provinsiale rede vind eersdaags in Bloem plaas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 18
- 1 min read
Updated: Feb 19
Die Vrystaatse Premier Maqueen Letsoha-Mathae sal Vrydag haar provinsiale rede by die Old Greys-sportterrein in Bloemfontein lewer.
Volgens die People’s Assembly is die provinsiale rede ’n jaarlikse toespraak waarin die Premier die stand van die provinsie en die regering se planne vir die jaar uiteensit.
Die rede fokus op politieke en sosio-ekonomiese kwessies, asook die amptelike opening van die Vrystaatse Wetgewer.
Die premier sal ook die regering se prioriteite, uitdagings en prestasies van die afgelope jaar uitlig en die pad vorentoe aandui.
Vanjaar se tema is “Die jaar van beslissende optrede om plaaslike regering reg te stel en die ekonomie te transformeer”.
Politieke partye sal na afloop van die rede die inhoud daarvan bespreek en vrae daaroor stel.








Comments