Die rand is onder druk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 21
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse rand het skerp verswak ná die uitbreek van konflik in die Midde-Ooste en tel nou onder die swakste presterende opkomende mark-geldeenhede.
Die rand is sowat 3.5% swakker teenoor die Amerikaanse dollar, terwyl buitelandse beleggers meer as R34-miljard se plaaslike effekte verkoop het.
Ontleders waarsku dat stygende oliepryse en inflasiedruk die rand verder kan verswak.
Daar is ook verwagtinge dat rentekoerse kan styg indien druk op die ekonomie toeneem.








Comments