Die regering hersien die inflasieteiken na drie persent
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 12, 2025
- 1 min read
Die regering het besluit om Suid-Afrika se inflasieteiken tot 3% te verlaag, met ‘n toleransieband van een persentasiepunt.
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die aankondiging Woensdag gemaak met die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring.
Hy sê dit sal die lewenskoste en leenkoste vir huishoudings, besighede en die regering verminder, wat hoër langtermyn ekonomiese groei en werkskepping sal ondersteun.
Godongwana sê die toleransieband van een persentasiepunt bied buigsaamheid om enige onverwagte inflasieskokke te akkommodeer.







Comments