Die regering maak vordering in die stryd teen die konstruksiemafia
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 1
- 1 min read
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is vordering gemaak in die stryd teen die sogenaamde konstruksiemafia.
Volgens die minister is meer as 850 verdagtes in hegtenis geneem en daar was reeds 240 skuldigbevindings sedert verlede jaar verseker.
Macpherson het onthul dat dit gelei het tot ‘n vermindering van 80% in projekontwrigtings.
Hy sê die land is nou op ‘n punt waar die mafia nie meer konstruksieprojekte sal stop nie.
Macpherson voeg by hulle het ‘n plan ontwikkel om die voortdurende probleem van stilstaande en onvolledige infrastruktuurprojekte landwyd aan te pak.






Comments