Die regering veroordeel bewerings van 'n politikus se seksuele oortredings
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 25
- 1 min read
Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede veroordeel ernstige bewerings van seksuele oortredings en mensehandel teen ‘n Wes-Kaapse politikus.
Die provinsiale parlementslid, wie se naam nog nie bekend gemaak kan word totdat hy formeel pleit nie, is borgtog van R15 000 toegestaan. Hy staan tereg op aanklagte van mensehandel, verkragting en seksuele uitbuiting van kinders.
Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê niemand, ongeag status of posisie, moet bokant die wet wees nie, veral in gevalle waar die uitbuiting en mishandeling van vroue en kinders betrokke is.








Comments