Die repokoers is verhoog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 28
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het rentekoerse met 25 basispunte verhoog te midde van toenemende wêreldwye ekonomiese druk.
Die Monetêre Beleidskomitee het besluit om die repokoers tot 7% te verhoog, terwyl die prima uitleenkoers nou op 10.5% staan.
Die Reserwebank sê stygende inflasie en geopolitieke spanning, insluitend konflik in die Midde-Ooste, het tot die besluit bygedra.
Vier lede van die komitee het die verhoging ondersteun, terwyl twee verkies het om koerse onveranderd te hou.
Die besluit volg nadat vroeëre verwagtinge op moontlike rentekoersverlagings gedui het.








Comments