top of page

Die repokoers kan onveranderd bly, of selfs gesny word

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 27
  • 1 min read

Ekonome sê die klein styging in verbruikersinflasie tot 3% in Junie gee steeds ruimte vir die Reserwebank om die repokoers onveranderd te hou of selfs te sny.

Die syfer bly binne die teikengebied van 3 tot 6%, wat voordelig is vir verbruikers omdat lone vinniger groei.

Kenners meen die lae inflasie ondersteun ʼn moontlike rentekoersverlaging wanneer die Monetêre Beleidskomitee in die week vergader.

Die rand het intussen versterk ná die bekendmaking van die laer as verwagte inflasiesyfer.

 
 
 

Comments


bottom of page