top of page

Die Safer City Indaba fokus op ’n veiliger Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 18
  • 1 min read

Updated: Feb 19

Rolspelers by die Safer City Indaba by die Bloemfontein Stadsaal fokus op ’n veiliger stad om in te woon, werk en belê.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit bring die byeenkoms verskeie belanghebbendes byeen om praktiese oplossings vir veiligheid en misdaad te bespreek.


Die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, het beklemtoon dat die Indaba daarop gemik is om veiligheid daadwerklik aan te spreek en samewerking te versterk.


Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het ook die behoefte aan beslissende optrede teen misdaad uitgelig en gesê wetloosheid sal nie geduld word nie.


Die Indaba fokus onder meer op samewerking, veiligheid en die beskerming van gemeenskappe.


Gregory Nthatisi. FOTO: Facebook
Gregory Nthatisi. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page