Die SAID moet miljoene rande terugbetaal na klagtes
- Nadia Pieters

- Oct 30
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet na klagtes, R168 miljoen aan tien belastingbetalers terugbetaal.
Dit volgens die kantoor van die Belastingombudsman se jaarverslag vir 2024/25.
Volgens die Belastingombudsman het hulle oor die jaar 4 913 belastingklagtes ontvang, waarvan 46% aanvaar, en daarna met aanbevelings na die Inkomstediens terugbesorg is.
Die meeste van die top 10 terugbetalings het betrekking op belasting op toegevoegde waarde, gevolg deur korporatiewe inkomstebelasting en loonbelasting.






Comments