top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SAUK moet inligting van politieke partye tydens verskiesings uitsaai

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Updated: 2 days ago

Die Verkiesingskommissie sê die SAUK is verplig om inligting van politieke partye tydens verskiesings uit te saai.


Die OVK sê die SAUK is nié vrygestel van verkiesingsverwante inligting van die onderskeie partye nie. Privaat-, gemeenskaps- en kommersiële uitsaaiers kan wel hul eie besluite in die verband neem.


SABC-nuus berig 'n raadslid van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid, Ntombiza Sithole, sê die SAUK het die verantwoordelikheid om advertensies van politieke partye uit te saai, terwyl Okosa die tydsduur en die volgorde van die advertensies bepaal.


Die SAUK verskyn Dinsdag voor die portefeulje komitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologie om inligting te verskaf oor die uitsaaier se gereedheid vir die komende plaaslike regeringsverkiesing.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page