top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SAWD waarsku oor erge donderstorms in die Vrystaat

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) spoor mense aan om voor te berei vir moontlike gevaarlike weerstoestande regoor die land.


Die weerdiens het geel vlak twee en vier waarskuwings uitgereik vir erge donderstorms oor die Vrystaat, Gauteng asook die Noordwes en Noord-Kaap.


Hierdie provinsies kan swaar reënbuie, skadelike winde, hael en gereelde weerlig verwag.


Hulle waarsku ook dat die slegte weerstoestande oorstromings kan veroorsaak en infrastruktuur kan beskadig.


Motoriste word aangespoor om oorstroomde paaie te vermy, en nooddienste moet op hoë gereedheidsgrondslag wees.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page