Die SAWD waarsku oor erge donderstorms in die Vrystaat
- Nadia Pieters

- Oct 20
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) spoor mense aan om voor te berei vir moontlike gevaarlike weerstoestande regoor die land.
Die weerdiens het geel vlak twee en vier waarskuwings uitgereik vir erge donderstorms oor die Vrystaat, Gauteng asook die Noordwes en Noord-Kaap.
Hierdie provinsies kan swaar reënbuie, skadelike winde, hael en gereelde weerlig verwag.
Hulle waarsku ook dat die slegte weerstoestande oorstromings kan veroorsaak en infrastruktuur kan beskadig.
Motoriste word aangespoor om oorstroomde paaie te vermy, en nooddienste moet op hoë gereedheidsgrondslag wees.






Comments