top of page

Die Smile Foundation help kinders in Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 8 hours ago
  • 1 min read

Tot 20 kinders word by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein geopereer as deel van die Smile Foundation se veldtog om gesigsafwykings te behandel.


Woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, sê aan Rosestad-nuus die operasies verloop goed en die meeste is reeds suksesvol afgehandel.


Altesaam 23 operasies was aanvanklik beplan, maar drie kon nie voortgaan nie nadat twee kinders griep opgedoen het en een nie opgedaag het nie.


Die operasies fokus hoofsaaklik op kinders met gesplete lip en verhemelte, met pasiënte wat wissel van vyf maande tot 14 jaar oud.


Die Smile Foundation help al 26 jaar lank om kinders met gesigsafwykings ’n tweede kans te gee deur chirurgiese ingrypings en mediese ondersteuning te bied.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook / Smile Foundation
Ter illustrasie. FOTO: Facebook / Smile Foundation

bottom of page