top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SRD-toelaag is steeds onder die vergrootglas

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Good-party wil hê die Nasionale Tesourie moet sy appèl teen 'n hofuitspraak oor die maatskaplike noodverligtingstoelaag, oftewel die SRD-toelaag, terugtrek.


Die Gauteng-hooggeregshof het verlede jaar beslis dat sommige van die regulasies wat die maandelikse toelaag van R370 beheer, ongrondwetlik en ongeldig is.


Die hof het die regering ook gelas om toegang tot die toelaag uit te brei.


Volgens die Tesourie kan die uitspraak die regering sowat R93,5 miljard per jaar kos.


Good se Brett Herron sê die regering moet nou 'n geloofwaardige en befondsde pad na 'n permanente Basiese Inkomstetoelaag uiteensit.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page