Die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Pan-Afrika-parlement het die land verdedig teen bewerings van xenofobie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Pan-Afrika-parlement het die land verdedig teen bewerings van xenofobie ná onlangse betogings teen onwettige immigrasie.
Die afvaardiging het Suid-Afrika se verbintenis tot die handhawing van die oppergesag van die reg herbevestig terwyl die grondwetlike regte van alle mense beskerm word.
Parlementslede wat die land verteenwoordig, het ook geweld en intimidasie wat met die betogings verband hou, verwerp.
Die hoofsweep van die ANC, Mdumiseni Ntuli, sê LP’s moet vermy om uitlatings te maak wat Afrikane verder kan verdeel.
Hy voeg by ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap werk saam met Suid-Afrika om ’n oplossing vir die probleem te vind.








Comments