Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê dat hulle vanjaar outomatiese aanslae aan 5,8-miljoen belastingbetalers uitgereik het
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 19, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê dat hulle vanjaar outomatiese aanslae aan 5,8-miljoen belastingbetalers uitgereik het. Dit is ‘n toename van die 5-miljoen-mylpaal wat verlede jaar gestel is. Volgens die Inkomstediens was 99,6% van die aanslae onveranderd. Dit het dit moontlik gemaak om belastingterugbetalings binne 72 uur uit te reik aan diegene wat aangeslaan is. Die Inkomstediens het tot dusver R10-,6-miljard rand vir outomatiese aanslae uitbetaal.






Comments