Die SUT stel hul nuutste projek bekend
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 20, 2024
- 1 min read
Die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Bestuurswetenskappe fakulteit het die "Kunsmatige Intelligensie vir die Wêreld van Werk" (AI4WOW)-projek in Bloemfontein bekend gestel. Hierdie inisiatief se doel is om die historiese evolusie van die werksomgewing te verken. SUT sê soos die 4de Industriële Revolusie aanhou versnel, is tegnologiese vooruitgang besig om nywerhede en arbeidsmarkte te hervorm. Dekaan van die fakulteit, Albert Strydom, het die samesmelting van fisiese, digitale en biologiese tegnologieë wat voortgaan om tradisionele werkruimtes te herdefinieer beklemtoon. Die AI4WOW-projek poog om hierdie veranderinge te verstaan en studente toe te rus met die kennis en vaardighede wat nodig is om in hierdie ontwikkelende landskap te floreer.






Comments