top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Die terughouding van fondse sal nie dienslewering beïnvloed nie'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 8
  • 1 min read

Die Nasionale Tesourie sê sy besluit om fondse van sekere munisipaliteite terug te hou, sal nie dienslewering beïnvloed nie.


Dit volg nadat besluit is om vandeesmaand se billikeaandeel-toekennings aan verskeie munisipaliteite landwyd terug te hou, insluitend Mangaung. Die stap is daarop gemik om fiskale dissipline af te dwing en vermorsende besteding hok te slaan.


Die Nasionale Tesourie se Ogalaletseng Gaarekwe sê die fondse sal aan die munisipaliteite vrygestel word sodra hulle die huidige bekommernisse aanspreek.


LUISTER HIER:


Ogalaletseng Gaarekwe

Rosestad-nuus het vroeër berig die VF Plus sê jare van swak finansiële bestuur deur ANC-beheerde munisipaliteite tot die terughouding van befondsing gelei.


Ogalaletseng Gaarekwe. FOTO: The Witness
Ogalaletseng Gaarekwe. FOTO: The Witness


 
 
 

Comments


bottom of page