Die VF Plus blameer die ANC vir die terughouding van VS fondse
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die VF Plus sê jare van swak finansiële bestuur deur ANC-beheerde munisipaliteite het daartoe gelei dat die Nasionale Tesourie befondsing van 16 van die Vrystaat se 19 munisipaliteite teruggehou het.
Die party sê inwoners betaal die prys deur swak dienslewering, falende infrastruktuur en sukkelende plaaslike ekonomieë. Dit vra dat amptenare en politieke leiers wat verantwoordelik is vir verkwistende en onreëlmatige besteding persoonlik aanspreeklik gehou en vervolg moet word waar nodig.
Die VF Plus sê sterker finansiële aanspreeklikheid is nodig om munisipaliteite te herstel.
Rosestad-nuus het vroeër berig die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit is een van vier metro's en 66 munisipaliteite landwyd wie se sogenaamde billike deel van die landsbegroting weerhou word.








Comments