Die Tesourie gaan munisipale skuld direk verhaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Die Nasionale Tesourie gaan begin om geld direk van nasionale en provinsiale departemente af te trek wat munisipaliteite miljarde rande skuld.
Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die aankondiging in die parlement gemaak.
Volgens Godongwana skuld provinsiale departemente meer as R14-miljard aan munisipaliteite, terwyl nasionale departemente nog meer as R8 miljard skuld.
Hy sê die stap is daarop gemik om dieselfde afdwingingsmaatreëls toe te pas wat reeds teen munisipaliteite gebruik word.
Godongwana waarsku dat finansiële wanbestuur en verkwistende besteding steeds groot probleme in plaaslike regering bly.








Comments