Die tienermeisie wat in Sabie gevind is, is vermoedelik verwurg

Die tienermeisie wat Maandagoggend by ’n vakansiehuis naby Sabie in Mpumalanga dood aangetref is, is vermoedelik verwurg en versmoor.
Nova News berig polisie het nou ’n moordondersoek na die 17-jarige Cameron Waldeck-Cooks, ’n graad 11-leerder aan St Stithians Girls’ College in Gauteng, se dood geopen. ’n Onafhanklike forensiese patoloog wat deur haar ouers aangestel is, het voorlopig bevind dat Cameron weens verwurging en versmoring gesterf het.
Die polisie het bevestig dat die saak, wat aanvanklik as ’n geregtelike doodsondersoek hanteer is, ná die lykskouingsuitslae tot ’n moordondersoek opgegradeer is.
’n Tweede tiener, die 19-jarige Ethan Coetzee, is ook op die perseel dood aangetref. Die polisie sê hy het waarskynlik deur selfdood gesterf.
Die ondersoek na die omstandighede rondom Cameron se dood duur voort.









Comments