Die Transnet-korrupsiesaak ondervind verdere vertragings

2 hours ago
1 min read
Die Johannesburg-hooggeregshof het uitspraak voorbehou in ’n aansoek deur die beskuldigdes in die Transnet-korrupsiesaak om die saak van die rol te laat skrap.
Die beskuldigdes, onder wie voormalige Transnet-bestuurders, staan tereg op aanklagte wat verband hou met die verkryging van lokomotiewe ter waarde van meer as R54 miljard.
Hulle verhoor sou in Februarie begin, maar het nog nie aanvang geneem nie.
Volgens die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) word uitspraak op 26 November verwag.
Idac se woordvoerder, Henry Mamothame, sê die staat het reëlings voorgestel om die beskuldigdes te help om toegang te kry tot elektroniese getuienis wat hulle nodig het om vir die verhoor voor te berei.









Comments