Lammie, Ramadiba en Mopane bly by die Johannesburgse Dieretuin

2 hours ago
1 min read
Die Johannesburg-hooggeregshof het beslis dat drie olifante onder ’n verlengde permit by die Johannesburgse Dieretuin gaan aanbly.
Animal Law Reform en die Elizabeth Margaret Steyn-stigting het die hof genader om die olifante uit die dieretuin te laat verwyder.
Hulle wou hê Lammie, Ramadiba en Mopane moet na ’n reservaat verskuif word, maar hul aansoek is van die hand gewys.
Die organisasies sê die olifante se lewensomstandighede verwaarloos hul fisieke, emosionele en sosiale behoeftes.
Joburg City Parks and Zoo sê egter dat versorgers en ’n veeartsenykundige span die olifante dophou en dat dit goed met hulle gaan.









Comments