Die UV loods hul kunste-instituut in Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 7
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het amptelik hul Internasionale Instituut vir die Kunste (IIA) by die Scaena-teater op die Bloemfontein-kampus bekendgestel.
Luidens ‘n aanlyn artikel sal IIA as 'n samewerkingsruimte dien vir kunstenaars, navorsers en
praktisyns om nuwe maniere van dink, onderrig en skep te verken.
Dit oorbrug ook die gaping tussen die geesteswetenskappe, wetenskap en tegnologie in 'n toenemend digitale wêreld.
In haar toespraak het die UV se visekanselier en hoof, Hester Klopper, die instituut as 'n lantern wat paaie verlig na ‘n verantwoordelike maatskaplike toekoms beskryf.
Sy het beklemtoon dat in 'n era van kunsmatige intelligensie en outomatisering, mense se uitdaging as mens grootliks lê in hul vermoë om te droom, te verbeel, te skep, empatie te toon en deur artistieke uitdrukking visie in werklikheid te omskep.






Comments