Die Valke kry ‘n beslagleggingsbevel teen Vrystaatse bedrieër

Oct 31, 2024
1 min read
In die voorgesette strafsaak teen bedrogbeskuldigde Moeketsie Ntshasa het die Bloemfonteinse batebeslagleggingseenheid saam met die Vrystaatse Valke het ‘n beslagleggingsbevel verkry. Die bevel is van ‘n eiendom ter waarde van twee-komma-nege miljoen rand. Slagoffers het gedurende 2018 tot 2021 hul geld in Ntshasa se maatskappy, Integrated Investment Incorporated, belê. Hulle is ‘n rente-opbrengs van 10 persent binne ‘n tydperk van dertig dae belowe. Volgens die Valke-woordvoerder, Christopher Singo, het die slagoffers nooit hul geld ontvang nie. LUISTER HIER:







Comments