top of page

Die vermeende 'meesterbrein' agter 'n voormalige Centlec-hoof se moord is in Lesotho in hegtenis geneem

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 1
  • 1 min read

Die verhoor van twee vermeende moordenaars van ’n voormalige uitvoerende hoof van Centlec, die elektrisiteitsverskaffer in Bloemfontein, is vertraag nadat die beweerde “meesterbrein” agter die moord in Lesotho vasgetrek is.

Netwerk24 berig die staatsadvokaat Teboho September het Maandag om uitstel aansoek gedoen nadat ’n derde verdagte Vrydag weens die moord op Andries Mgoqi, voormalige uitvoerende hoof van Centlec, in hegtenis geneem is.

Mgoqi is op 16 Februarie verlede jaar buite sy kuierplek doodgeskiet terwyl hy met ’n vriend en klant in gesprek was.

September het om uitstel gevra om verdere besonderhede oor die inhegtenisneming vanaf hul ampsgenote in Lesotho te bekom en sodoende ’n tydlyn vas te stel en oor die pad vorentoe te besin. Hy het verder gesê die staat wil graag al drie beskuldigdes saam verhoor.

 
 
 

Comments


bottom of page