Die vermeende moordenaar en verkragter van ‘n sewejarig bly in aanhouding
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 15
- 1 min read
’n Sewejarige dogtertjie se vermeende moordenaar en verkragter bly in aanhouding nadat hy sy borgtogaansoek in die Bultfontein-landdroshof laat vaar het.
Die saak is tot 29 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.
Rosestad-nuus het vroeër berig die dogtertjie se liggaam is deur haar 14-jarige suster onder ’n bed gevind, waarna die polisie ontbied is.
Sy is op die toneel dood verklaar.
Bongani Mponda word daarvan beskuldig dat hy die kind verlede naweek in ’n plakkerhut by Khota, naby Bultfontein in die Vrystaat, verkrag en verwurg het.







Comments