top of page

Die vermeende ontvoerder van ‘n Martie du Plessis-leerling is borgtog toegestaan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 11
  • 1 min read

Die beskuldigde in die 19-jarige Kamogelo Baukudi se ontvoeringsaak is borgtog van R2000 in die Bloemfonteinse landdroshof toegestaan. SABC News berig Nzima Adoons word daarvan beskuldig dat hy die Martie du Plessis-leerling ontvoer het. Baukudi is meer as 20 dae later gevind. Die hof het aangedui dat Adoons se borgtogvoorwaardes insluit dat hy twee keer per week by 'n polisiestasie moet aanmeld. Hy mag ook nie in kontak met die getuies wees nie. Rosestad-nuus het vroeër berig vyf ander verdagtes wat oor vir dié ontvoering in Wepener in hegtenis geneem is, is vrygelaat. Dit aangesien daar volgens die Nasionale Vervolgingsgesag, geen bewyse is wat die mans met die misdaad kan verbind nie.

 
 
 

Comments


bottom of page