Die verval by Tempe wek vrae oor weermagprioriteite
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 9
- 1 min read
Die toestand van fasiliteite by die Tempe Militêre Basis in Bloemfontein het die afgelope tyd toenemende kommer onder personeel gewek.
Dit te midde van grootskaalse besteding aan nasionale weermagvieringe.
City Press berig kantore van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens op die basis sukkel glo met ernstige infrastruktuurprobleme, insluitend oorlopende toilette, gebarste waterpype en beskadigde mure en plafonne.
Volgens personeel veroorsaak aanhoudende waterlekke dat verf afskilfer en vuil water soms in omliggende strate afloop.
Die situasie plaas die kollig op hoe hulpbronne aangewend word, veral waar dit die werksomstandighede en welstand van soldate raak.
Intussen het Rapport onlangs berig dat die Weermagdag-vieringe die belastingbetaler na raming R372 miljoen sal kos.







Comments