top of page

Die VF Plus eis die skorsing van die Stellenbosch-munisipaliteit se menslike hulpbronne-bestuurder

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 3
  • 1 min read

Die VF Plus eis dat die Stellenbosch-munisipaliteit se menslike hulpbronne-bestuurder, Alexander Kannemeyer, onmiddellik geskors word ná ’n uitgelekte video waarin hy glo sê wit werknemers moet afgedank word om transformasieteikens te bereik.

Hy het na bewering bygevoeg dat die aanstelling van geskoolde persone dikwels wit mans bevoordeel en dat dit moet eindig.

Die VF Plus se Wes-Kaapse ondervoorsitter, Gerhard van Niekerk, sê die uitlatings is rassisties en onaanvaarbaar.

Die DA-beheerde raad word gevra om sonder versuim teen Kannemeyer op te tree.

 
 
 

Comments


bottom of page