Die VF-plus sê Ramaphosa vermy krisisse
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 13
- 1 min read
Die VF Plus het president Cyril Ramaphosa se staatsrede gekritiseer, en sê dat hy ‘n oordrewe positiewe prentjie geskets het terwyl die land ernstige uitdagings in die gesig staar.
Partyleier, Corné Mulder, het ná die staatsrede met Newzroom Afrika gepraat.
Hy het die toespraak vergelyk met voormalige president Jacob Zuma se 2014-toespraak, en Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy krisisse soos watertekorte, werkloosheid en sukkelende munisipaliteite ignoreer.
Volgens Mulder misluk die regering weens onder andere stadige ekonomiese groei en hoë werkloosheid.
Hy voeg by die enigste positiewe punte is die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om bendegeweld en onwettige mynbou te bekamp.







Comments