top of page



Tradisionele leiers word ingeroep om te help met bek-en-klouseer-inentings
President Cyril Ramaphosa het tradisionele leiers versoek om die regering te help met ’n landwye inentingsveldtog teen bek-en-klouseer. Hy het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San Leiers in die parlement gesê klein- en landelike boere sal voorkeur geniet. Die regering beplan om al 14 miljoen beeste in die land in te ent, met ’n aanvanklike fokus op gemeenskapsgebiede. Ramaphosa het die omvang van die veldtog met die COVID-19-inentingsprogram

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


SONA: Ramaphosa vra vir strenger reëls rondom alkoholverkope
President Cyril Ramaphosa het in sy Staatsrede 'n beroep op provinsiale regerings gedoen om reëls rondom alkoholverkope te verskerp. Dit sluit in die beperking van die hoeveelheid drankwinkels, verminderde handelsure, en 'n verbod op groot houers, wat swaar drink aanmoedig. IOL berig op nasionale vlak het Ramaphosa gevra vir minimum eenheidpryse of verhoogde aksynsbelasting, saam met strenger beperkings op alkoholadvertensies, en samewerking met sleutelgroepe om regverdige im

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 16


SONA: Werksgeleenthede wink dalk in die landbousektor
‘n Toename in werksgeleenthede word in die landbousektor verwag nadat president Cyril Ramaphosa aangekondig het dat meer as 10 000 nuwe voorligtingsbeamptes landwyd ontplooi sal word. Hierdie beamptes sal opgeleide professionele persone wees wat as noodsaaklike tussengangers tussen landbounavorsingsinstellings en boere optree. Ramaphosa het die aankondiging Donderdagaand tydens sy staatsrede gemaak. LUISTER: President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 13


SONA: ActionSA sê dit was beter as verwag
ActionSA se Athol Trollip sê president Cyril Ramaphosa se Staatsrede was beter as wat hy verwag het. Hy het Donderdagaand ná die staatsrede met die media gepraat. Trollip sê hy is bly dat Ramaphosa gepraat het oor die toestand van ineenstorting in plaaslike regering. Hy sê egter dat die president meer moes uitbrei oor die waterkwessies wat die land teister. LUISTER: FOTO: SABC News

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 13


Die VF-plus sê Ramaphosa vermy krisisse
Die VF Plus het president Cyril Ramaphosa se staatsrede gekritiseer, en sê dat hy ‘n oordrewe positiewe prentjie geskets het terwyl die land ernstige uitdagings in die gesig staar. Partyleier, Corné Mulder, het ná die staatsrede met Newzroom Afrika gepraat. Hy het die toespraak vergelyk met voormalige president Jacob Zuma se 2014-toespraak, en Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy krisisse soos watertekorte, werkloosheid en sukkelende munisipaliteite ignoreer. Volgens Mulder mi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


SONA: BKS is tot ‘n nasionale ramptoestand verklaar
President Cyril Ramaphosa Donderdag tydens sy Staatsrede bek-en-klouseer tot ‘n nasionale ramptoestand verklaar. Hy sê inentings sal geprioritiseer word en aan alle beeste regoor die land toegedien word. LUISTER: Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


SONA: Nog beamptes sal gewerf word om misdaad te help bekamp
Om misdaad in die land te help bekamp sal nog 5 500 polisiebeamptes gewerf word. Dit is volgens president Cyril Ramaphosa wat Donderdag sy staatsrede gelewer het. Hy sê hierdie getal sal by die 20 000 beamptes gevoeg word wat verlede jaar aangestel is.mVolgens Ramaphosa verhoog hulle ook pogings om onwettige en nagemaakte goedere te bekamp. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


SONA: Daar is geen kitsoplossing vir wateruitdagings nie
President Cyril Ramaphosa sê daar is geen eenvoudige of vinnige oplossing om Suid-Afrika se wateruitdagings op te los nie. Volgens die president het water ‘n groot probleem geword vir talle inwoners in groot stede, klein dorpies en landelike gebiede. Ramaphosa sê die waterkwessie spruit uit sistemiese mislukkings en jarelange verwaarlosing van infrastruktuur. Hy voeg by hulle is in die finale stadiums van die stigting van ‘n Nasionale Waterhulpbron-infrastruktuuragentskap om

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


SONA: Finale voorbereidings word getref
Finale voorbereidings is aan die gang vir President Cyril Ramaphosa om Donderdagaand die jaarlikse staatsrede by die Kaapstadse Stadsaal te lewer. Verskeie paaie rondom die lokaal is nou vir die res van die dag gesluit, met wetstoepassingsbeamptes reeds rondom die saal gestasioneer. Die polisie het byna elke kruising in die gebied beveilig. Intussen sê die ANC hulle wil hê dat die staatsrede moet fokus op maatreëls om werkloosheid te bekamp en korrupsie aan te pak. Die ANC se

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 12


SONA: Ramaphosa evalueer sy ministers
President Cyril Ramaphosa het prestasie-evaluasies van ministers in die regering van nasionale eenheid voor Donderdag se staatsrede afgehandel. Die Presidensie sê die uitkomste sal as maatstawwe vir toekomstige evaluasies dien, eerder as om nuwe prestasie-ooreenkomste te onderteken. Die hersienings vind plaas terwyl die regering voorberei vir plaaslike verkiesings later vanjaar. Verder het Ramaphosa ook met vakbonde, sakeleiers en ander rolspelers oor prioriteite soos werkloo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


SONA: Ramaphosa word versoek om beslissend op te tree
Zero Carbon Charge (Charge) het president Cyril Ramaphosa weereens versoek om beslissend op te tree oor Suid-Afrika se oorgang na elektriese voertuie (EV) voor die 2026 Staatsrede. Die elektriese voertuiglaaimaatskappy sê ten spyte van meer as drie jaar van direkte betrokkenheid voor opeenvolgende Staatsredes, het die regering misluk om ‘n geloofwaardige plan vir hernubare-aangedrewe EV-laai-infrastruktuur te formuleer. Hulle sê dat hulle herhaaldelik aan die president en die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 11


SONA:‘Dit sal binne begroting bly’
President Cyril Ramaphosa sal Donderdagaand die staatsrede by die Kaapstadse stadsaal lewer, wat die begin van die parlementêre jaar aandui. Die parlement sê die koste van die geleentheid sal na verwagting in lyn bly met verlede jaar se begroting van sowat R7 miljoen. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê die verrigtinge word steeds buite die parlementêre terrein gehou terwyl herbouwerk ná die brand van 2022 voortduur. Parlementslede sal volgende week di

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 9


SONA: Cosatu vra vir ‘n Staatsrede wat SA se uitdagings sal aanspreek
Cosatu vra vir ‘n Staatsrede wat die land se uitdagings sal aanspreek. Die unie sê miljoene sukkelende Suid-Afrikaners het hoë verwagtinge van die Staatsrede. President Cyril Ramaphosa sal Donderdag die Staatsrede in die parlement lewer. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die president moet die land se hoë werkloosheidsyfer aanspreek. LUISTER: Matthew Parks. FOTO: EWN

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 9


SONA: Binnelandse Sake sal glo uitgelig word
Die suksesse van die Departement van Binnelandse Sake sal na verwagting prominent verskyn in President Cyril Ramaphosa se Staatsrede volgende week. Volgens die DA is die departement een van die min regeringsdepartemente wat op meetbare vordering kan wys - met die hervorming van dienslewering en die ondersteuning van ekonomiese groei. Die party verwag dat die Staatsrede die departement se vooruitgang sal beklemtoon met die opruiming van visum- en permitagterstande, die bekampi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8
bottom of page

