Die VF Plus sê vulstasies word glo teen brandstoftekorte gewaarsku
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die Vryheidsfront Plus sê ondanks die versekering deur die departement van minerale- en petroleumhulpbronne dat daar voldoende brandstof in die land beskikbaar is, het dié party skrywes van brandstofverskaffers onder oë gehad waarin vulstasies teen tekorte gewaarsku word.
SABC-nuus berig kommer oor brandstoftekorte bestaan weens die konflik in die Midde-Ooste.
Die VF Plus parlementslid, Wynand Boshoff, sê 'n moontlike verklaring hiervoor is dat voorraad teruggehou word tot aanstaande maand se brandstofprys in werking tree. Die onderverhaling van petrol is tans sowat R4 per liter en dié van diesel ongeveer R7. Boshoff sê dit beteken dat daar potensieel groot wins te maak is uit die terughou van voorraad.
Hy sê Sasol produseer tans sowat 30% van Suid-Afrika se brandstoffvoorraad terwyl die res ingevoer word, wat die land baie kwesbaar tydens internasionale konflik maak.
Boshoff sê sy party vertrou dat die departement die deursigtigheid wat sy verklaring beloof, sal handhaaf.







Comments