Teenstrydige inligting oor brandstofvoorsiening saai onsekerheid
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 17 minutes ago
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie AfriForum waarsku motoriste om vooruit te beplan te midde van moontlike brandstoftekorte in dele van Suid-Afrika. Die organisasie sê sommige vulstasies is reeds laag, veral op diesel, na wêreldwye onderbrekings in die voorsiening.
AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, waarsku dat brandstof wat opraak veiligheidsrisiko’s kan inhou, veral in afgeleë of hoëmisdaadgebiede. Hy spoor motoriste aan om brandstoftenks ten minste halfvol te hou en ritte versigtig te beplan.
LUISTER HIER:
Intussen het die Departement van Minerale en Petroleumbronne het die publiek gerusgestel dat die land se brandstofvoorraad vir eers stabiel bly. Volgens die departement werk die regering daaraan om ru-olie en geraffineerde petroleumprodukte van ’n diverse reeks bronne te bekom. Hy het ook bevestig dat ’n omvattende plan in plek is om moontlike voorsieningsrisiko’s te bestuur. Die departement sê hoewel die korttermynvooruitsigte stabiel is, neem die regering maatreëls om langtermyn-energiesekerheid te versterk.
Motoriste moet hulle voorberei vir rekord brandstofprysstygings volgende maand. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het ook ‘n brandstofheffingverhoging aangekondig, wat verdere druk plaas.
Petrolpryse kan met meer as R4 per liter styg, terwyl diesel met byna R8 kan styg. Ekonome waarsku dat die verhogings waarskynlik vervoer- en voedselkoste landwyd sal opdryf.







Comments