Landboumaatskappye stel beperkinge op brandstofverkope in
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Twee landboumaatskappye het beperkings op brandstofverkope in die sentrale dele van Suid-Afrika ingestel weens logistieke vertragings met brandstofinvoer na aanleiding van die konflik in die Midde-Ooste.
Netwerk24 berig die VKB Groep en KLK Landbou Beperk het dié maatreëls aangekondig om die situasie te bestuur.
VKB sê die vertragings veroorsaak tans dat ons brandstofverskaffers beperkinge plaas op die hoeveelhede wat hulle aan maatskappye kan toeken in ’n poging om die beskikbare voorraad in die land te bestuur. Dit noodsaak hulle om dieselfde beginsel op takvlak toe te pas.
VKB het beperkings van 40 liter petrol en 80 liter diesel per kliënt ingestel, terwyl KLK ’n maksimum van een-duisend liter diesel per transaksie by brandstofpunte toelaat.







Comments