top of page

Die voortdurende wreedheid teen diere in Bloemfontein is hartverskeurend

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 5, 2025
  • 1 min read

Die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) se Lucky Olifant sê dis is hartverskeurend om die voortdurende wreedheid wat onskuldige diere aangedoen word, te aanskou. Luidens ‘n plasing op sosiale media het hulle onlangs gereageer op 'n skokkende daad van dieremishandeling waarin 'n hond doelbewus met paraffien verbrand is. Volgens die eienaar het sy 'n geraas buite gehoor en uitgehardloop, net om haar hond in vlamme te vind. Gemeenskapslede het dapper probeer om die brand te blus en die lydende dier te red. Tydens ‘n ondersoek het die verdagte erken dat hy die hond aan die brand gesteek het omdat sy na bewering twee van sy kuikens doodgemaak het. 'n Strafsaak van dieremishandeling is teen die verdagte aanhangig gemaak, en Olifant sê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker dat geregtigheid vir die hond geskied.

 
 
 

Comments


bottom of page