Die Vrystaat-begroting fokus glo op salarisse bo groei in Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 18
- 1 min read
Updated: Mar 19
Die Vrystaatse begroting plaas glo die onderhoud van die staatsdiens bo die ontwikkeling van die provinsie. Só meen VF Plus-lid in die Nasionale Raad van Provinsies, Tammy Breedt.
Bloemnuus berig sy voeg by sowat 65% van die 2026/27-begroting, wat Dinsdag in die Bloemfonteinse stadsaal voorgelê is, word aan salarisse bestee, terwyl sleutelsektore afgeskeep word.
Landbou ontvang net 2,3% van die begroting, met slegs R5 miljoen vir die bek-en-klouseerkrisis.
Hoewel die LUR vir landbou, Elzabe Rockman, se betrokkenheid verwelkom word, bly hulpbronne volgens Breedt onvoldoende.
Sy wys ook daarop dat byna die helfte van munisipaliteite onder administrasie is, terwyl Cogta net 1% van die begroting kry.
Fondse vir padinstandhouding daal intussen, wat volgens haar ekonomiese groei verder kniehalter.
Breedt meen die begroting spreek nie die kernprobleme aan nie, maar bestuur slegs die gevolge daarvan.








Comments