Die Vrystaat Krieketunie betreur die verlies van Petri Watson
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 3
- 1 min read
Die hartklop van die Vrystaat Krieketunie, Petri Watson, is oorlede. In ‘n plasing op sosiale media sê die unie sy was meer as net ‘n kollega, sy was ‘n pilaar van krag, vriendelikheid en toewyding wie se passie vir krieket en liefde vir mense almal rondom haar geraak het. Hulle voeg by haar warmte, onvermoeide toewyding en onwrikbare gees het haar ‘n onvervangbare deel van hul krieketfamilie gemaak. Watson wat 16 wonderlike jare aan Vrystaat Krieket gewy het se nalentenskap sal voortleef in die harte van almal by die unie.





Comments