top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Die Vrystaat se begroting skiet tekort’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) skiet die provinsie se begroting van R47,9 miljard tekort om die Vrystaat se ekonomiese en diensleweringsuitdagings aan te spreek.


Volgens die party is die begrotingsverhoging van sowat 2,5% laer as inflasie, wat beteken dat besteding in werklike terme afneem.


Die DA voer aan dat die grootste deel van die begroting steeds na maatskaplike dienste gaan, terwyl sektore soos ekonomiese o ntwikkeling en bestuur minder befondsing ontvang.


Hulle het ook kommer uitgespreek oor die onderbefondsing van paaie, infrastruktuur en gemeenskapsveiligheid.


Verder waarsku die DA dat beperkte steun aan landbou, insluitend die hantering van bek-en-klouseer, ’n negatiewe impak op die provinsie se ekonomie kan hê.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


Comments


bottom of page