top of page

Die Vrystaat verbeur miljoene rande

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 24
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings sal sowat R50 miljoen verbeur nadat hulle nie die fondse bestee het nie. Volgens SABC News sal die geld nou na 'n ander provinsie oorgeplaas word. DA-lid van die provinsiale wetgewer, David van Vuuren, het aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings gesê die provinsie het tussen R500- en R600 miljoen in die afgelope vyf jaar verbeur. Volgens komiteelede kan die provinsie nie aanhou om geld te verloor terwyl dienslewering vertraag word nie, en dus sal die komitee vandeesweek ‘n oorsigbesoek aan die Vrystaat bring.

 
 
 

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page