Die Vrystaat wys hoe om aanlyn te bly
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Vrystaat is amptelik die provinsie wat die minste onder Binnelandse Sake se aflyn-stelsels deurloop.
Die aantal werksure wat weens dié voorvalle verlore gegaan het, het in die provinsie met 79% afgeneem.
Al nege provinsies het ‘n afname getoon met stelselonderbrekings wat ná digitale opgraderings landwyd met 61% gedaal het.
Minister Leon Schreiber sê verlore werksure het van meer as 35 000 in die 2024/25-boekjaar tot net minder as 14 000 in 2025/26 afgeneem.
Die departement voeg by netwerk-, toepassing- en toerusting-opgraderings het die betroubaarheid van sy stelsels verbeter.
Intussen bied meer as 408 banktakke nou ook digitale slim-ID-dienste aan.








Comments