top of page

Die Vrystaatse onderwysdepartement ontken betrokkenheid by ‘n vervalsingskandaal

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 10
  • 1 min read

Die Vrystaatse Onderwysdepartement ontken enige rol in die vervalsingsskandaal waarby Matshediso Setai betrokke is. Dit namate bewerings na vore kom dat die Premier, Maqueen Letsoha-Mathae, se woordvoerder 'n vervalste brief in die naam van die waarnemende provinsiale direkteur-generaal gebruik het om fondse te werf. Die fondse was glo vir 'n Content Creators Colloquium-geleentheid wat verlede week in Bloemfontein gehou was. Central News berig Setai staan ​​tereg op beskuldigings van vervalsing en bedrog. Daar word beweer sy het glo ‘n brief opgestel om fondse van die Departement van Onderwys te bekom na interne befondsingsversoeke glo geweier is. Die skandaal het ook kommer oor vervalsing en bedrog binne die provinsiale administrasie laat ontstaan.

 
 
 

Comments


bottom of page