top of page

Die Vrystaatse polisiekommissaris tree uit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die Vrystaatse provinsiale kommissaris het ná 37 jaar diens uit die polisie getree.


'n Erewag het van die hart van die gebou tot by die uitgang gestrek en 'n simboliese pad gevorm. Luitenant-generaal Baile Motswenyane het vir oulaas die hoofkwartier in Bloemfontein in haar amptelike hoedanigheid langs dié pad verlaat.


In 'n roerende vaarwel het die personeel ook vir haar gebid.


Die SAPD-bestuur verseker die publiek dat stabiele leierskap ’n prioriteit bly. 'n Waarnemende provinsiale kommissaris sal binnekort aangestel word.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page