top of page

Die Vrystaatse premier se aftrede word geëis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 3
  • 1 min read

Die African National Congress Jeugliga in die Vrystaat doen 'n beroep op Premier Maqueen Letsoha-Mathae om saam met haar kabinet af te tree.


SABC News berig in 'n uitgelekde verklaring aan die media sê die Liga dat Letsoha-Mathae die jeug en die hele provinsie gefaal het, deur die beginsels van konsultasie en verantwoordbaarheid te vertrap.


Hulle beklemtoon dat die provinsie verval met munisipaliteite wat misluk in diensverskaffing. Die liga noem ook wydverspreide beweerde korrupsie, swak infrastruktuur en hoë werkloosheid.


Verder wil hulle ook hê dat die Vrystaatse ANC Provinsiale Uitvoerende Komitee ontbind of herkonfigureer word.  


Dit volg nadat die Liga in Junie 'n optog na die Premier se kantoor gelei het om onder andere 'n provinsiale jeugekonomiese program te versoek.


Maqueen Letsoha-Mathae. FOTO: SABC News
Maqueen Letsoha-Mathae. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page