Die VS vier Wêreldpasiëntveiligheidsdag

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het Donderdag Wêreldpasiëntveiligheidsdag onder die tema "Veilige Sorg vir Nie-Oordraagbare Siektes" gevier.
Die departement sê mense wat met toestande soos diabetes, hipertensie en kanker leef, benodig dikwels langtermynversorging, wat veiligheidsrisiko’s skep van diagnose tot behandeling en selfsorg.
Die LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, sê die provinsie versterk pasiëntveiligheid deur primêre gesondheidsorg, veiliger diagnose, medikasieveiligheid en groter betrokkenheid van pasiënte.
Aktiwiteite het ingesluit veiligheidswandelings in fasiliteite, gemeenskapsdialoë en openbare bewusmakingsveldtogte. Inwoners is aangemoedig om opgedateerde medisynelyste te hou, toetsuitslae op te volg en duidelike behandelingsplanne aan te vra wanneer hulle ontslaan of verwys word.








Comments