top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VSA kan tot 200 000 visums herroep

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 minutes ago
  • 1 min read

Die Trump-administrasie in die Verenigde State van Amerika (VSA) beplan om die sake- en toeristevisums van tot 200 000 buitelanders wat vir asiel in die land aansoek gedoen het of dit tans oorweeg, te herroep.


AP News berig die stap kan die grootste enkele massa-herroeping van visums in die Amerikaanse geskiedenis wees en sal waarskynlik regsuitdagings in die gesig staar.


Die Amerikaanse departement van buitelandse sake sal na verwagting in die komende weke die herroeping van sogenaamde B1- en B2-visums aankondig wat tussen 2016 en 2026 uitgereik is.


Die departement sê die visums word herroep omdat die houers aanvanklik as korttermynbesoekers na Amerika gegaan het, maar daarna om asiel aansoek gedoen het om permanent in die land te bly.


Die herroeping beteken egter nie noodwendig dat die betrokke mense onmiddellik gedeporteer sal word nie.


Ter illustrasie. FOTO: Business Tech
Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page