top of page

Die watergehalte van Clocolan verbeter glo net effens

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 19
  • 1 min read

Die watergehalte van Clocolan in die Vrystaat het blykbaar net effens verbeter sedert onlangse klagtes dat modderige, stink water uit krane kom.


Netwerk24 berig daar is besluit om die onttrekking van water aan die Moperidam op te skort en om water uit die Caledonrivier te suiwer en gebruik. Marquard gebruik ook dié rivier vir water, en onlangse Eskom-verwante probleme wat die Holstein-stelsel geraak het, het daartoe gelei dat Marquard én Clocolan sonder water was.


Die Setsoto-munisipaliteit is onseker hoe lank die herstelwerk gaan duur en het die reservoirs gesluit om te voorkom dat die watervlakke drasties daal.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page