top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Wes-Kaapse premier pronk in pienk sokkies in die wetgewer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 6
  • 1 min read

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het Donderdag in 'n stywe fietsrybroek, pienk sokkies, en 'n netjiese baadjie in die wetgewer verskyn.


Netwerk24 berig dat alhoewel Winde nie 'n spreekbeurt gehad het nie, die ANC-LPW Rachel Windvogel voor die tyd gevra het dat die speaker ’n bevinding moet maak oor of Winde se kleredrag aanvaarbaar is.


Die speaker, Daylin Mitchell, het eerstens daarop gewys dat dit nie ’n geldige punt van orde is nie, en dat die instelling verby die punt is van voorskriftelik wees oor hoe mense aantrek, solank as wat hulle die dekorum van die huis eerbiedig. En dit, sê sy, doen die premier absoluut.


Die wetgewer se gedragskode en staande reëls bied nie voorskrifte oor lede se kleredrag nie.


Alan Winde. FOTO: Jacaranda FM
Alan Winde. FOTO: Jacaranda FM

Comments


bottom of page