top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Washington se wit kruise word dalk in SA ook uitgestal

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29
1 min read

Planne word gemaak om die Witkruisprojek-uitstalling in Washington in die VSA nou ook na Pretoria voor die Uniegebou te bring.


Die uitvoerende direkteur van Lex Libertas, Ernst Roets, sê duisende mense het die afgelope twee dae die uitstalling besoek, en hy bestempel dit as 'n buitengewoon aangrypende ervaring. Verteenwoordigers van die Withuis, die Amerikaanse departement van buitelandse sake en ander regeringsdepartemente was volgens die organisasie ook teenwoordig.


Die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het vroeër gesê plaasmoorde is nie belangriker as enige ander moord nie, maar dit is anders.


Maroela Media berig die 3 000 wit kruise, wat ter nagedagtenis aan slagoffers van plaasmoorde in die land opgerig is, is weer van die terrein verwyder en sal na Suid-Afrika verskeep word.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat Afrikaners vir Suid-Afrika (AvSA) beswaar teen die kruisuitstalling gemaak het.


Die Witkruisprojek-uitstalling in Washington in die VSA. FOTO: Maroela Media
Die Witkruisprojek-uitstalling in Washington in die VSA. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page