top of page

Die woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling is geskors

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 2
  • 1 min read

Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, het die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, geskors.

Oliphant sê die minister glo sy het inligting oor die departement se reiskoste aan Sunday Times uitgelek.

Dit het gevolg op mediaberigte oor die naweek oor die departement wat na bewering meer as R3 miljoen aan verblyfkoste in New York bestee het.

Maroela Media berig Oliphant ontken die aanklagte teen haar en sê die mediaberigte was gebaseer op bevindinge van die Ouditeur-generaal.

 
 
 

Comments


bottom of page